Kerngeneeskunde

Die beenflikkergram van 'n jong vrou.

Kerngeneeskunde is 'n tak van geneeskunde wat die kerneienskappe van materie vir diagnose en terapie gebruik. Baie prosedures in kerngeneeskunde gebruik farmaseutiese middels wat met radionukliede gemerk is. In diagnose word radioaktiewe stowwe aan pasiënte toegedien en die straling wat uitgestraal word gemeet. Die meeste van die diagnostiese toetse behels die vorm van 'n beeld deur 'n gammakamera. Die proses staan ook as flikkergrafie of sintografie bekend. Ander diagnostiese toetse gebruik toetspenne om metings van liggaamsdele te bekom, of tellers vir die metings van monsters wat van 'n pasiënt afkomstig is. In terapie, word radionukliede toegedien om siektetoestande te behandel of vir pynverligting. Toediening van Jodium-131 word byvoorbeeld baie keer gebruik vir die behandeling van hipertireose (oormatige skildklierwerking) en skildklierkanker.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search